"Mag deur my lied die roem van U Naam oor geslagte strek, sodat nasies U vir altyd prys!" .... Jesus, dit gaan ALLES net oor U!
 

 

wie is wanda?

Wanda is reeds van jongs af betrokke by musiek en wen reeds op 7 jarige ouderdom 'n landswye talentkompetisie. Sy sing daarna in verskeie Provinsiale Kore gedurende haar skoolloopbaan.

Sy neem deel aan verskeie kompetisies en haal die semi-finale rondtes in Debuut en Crescendo.

Sy tree verskeie kere in die Staatsteater op by Musiekproduksies saam met Jannie du Toit, Laurika Rauch, Christa Steyn e a. Sy was ook betrokke by verskeie musiek verhoogproduksies soos "Gansdans" in 1986. In 1988 neem sy deel aan die plaatopname van die Voortrekkers by name "Voorinniekoor".

In 1992 ervaar sy die roeping om voltyds in 'n sangbediening te gaan. Hierna volg die haar eerste CD-opname getiteld, "U laat my leef". Sy onderneem verskeie toere saam met Manuel Escorcio, Oscar Ehrensperger, Jan de Wet, Piet Smit e a. Sy toer ook saam met verskeie Internasionale Kunstenaars waaronder Don Francisco en Steve Green. Sy tree op in Switzerland, Israel, Holland, Dubai en, België.

Toekennings en Produksies:
1996 ATKV Liertoekenning vir die produksie "Nuutgemaak" Kategorie - Mees uitnemende Afrikaanse geestelike musiekproduksie deur 'n vroulike kunstenaar.

2000 ATKV Liertoekenning in dieselfde kategorie met die produksie "Ek sal wag"

2000 Finalis vir die SAMA (South African Music Association.) by Sun City.

2000 CBSA toekenning as beste gospel sangeres aangewys.
Sy doen sedert 1996 ook kinderbediening en voltooi 3 produksies in hierdie veld: WIX (Wenners in X'tus)I, II asook Bybelstories.

Sy tree op by die KKNK met die produksies "Sluier by die Poort" 1999 en "A Closer Walk" 2001 asook verskeie kere by die Gloriafees.

In 2004 skryf sy die Heelvrou konsep en word dit met groot vrug, landswyd aangebied. Soli Deo Gloria-Aan God alleen die eer!

2006 NUWE CD - Sy stel na 5 jaar weer 'n nuwe cd vry! - "Aanbiddingsbelewenis met NG Gemeente Moreleta", waar sy ook as een van die aanbiddingsleiers in die gemeente dien.

Sy tree landswyd op as spreker, gaskunstenaar vir gehore vanaf kleuters tot bejaardes; bied  HEELvrou seminare vir vroue en enkellopers aan; lof- en aanbiddings seminare  vir gemeentes. Sy is veldaanbieder vir In Pas, Televisieprogram vir KYKnet; aanbieder op die Damesjoernaal Program: IN DIE SPIEËL op Radio Kansel; die program Kyk Nuut van Moreletaparkgemeente op Rhema TV, aan. Sy doen gereeld skryfwerk vir Carpe Diem, en tree landswyd op as spreker vir Dogters by Hoër- en Laerskole.

In 2007 speel sy die rol van Anna in Houtkruis die Musical, opgevoer in die Staatsteater Pretoria en later landswyd.

Sy stel twee boeke vry, "Gesprekke tussen ma en dogter" - 2007 en "Hoor wat ek sê - Luister as ek praat", in 2008, uitgegee deur Carpe Diem.

In 2009 stel sy 'n solo CD  vry by Merchant Gospel, getiteld “Beloofde land”  

In 2011 speel sy weereens die rol van Anna in Houtkruis die Musical, opgevoer in die Staatsteater Bloemfontein

Tans is  reeds 3 jaar sy Hoof van die Kunste en Aanbiddingsbediening by Moreletaparkgemeente, Pretoria.

Sy het twee dogters, Melissa 24jr en Melinda 22jr. Hulle is haar hart se punt! Hulle tree ook  gereeld saam met haar op dmv sang en danse.

Haar totale lewensmotivering is om presies in God se tydsbepaling die maksimum uit elke oomblik vas te gryp en bewustelik te leef uit dankbaarheid.

Haar bediening is geskoei op dit wat Ps 45:18 sê: "Mag deur my lied, die roem van U naam oor geslagte strek, sodat nasies U vir altyd sal prys!"