|
IETS INSPIREREND VIR JOU ... |
|
|
Lees ook: |
AS JESUS VANDAG SOU KOM Ek kan dalk selfs besig wees om voor ‘n gehoor te staan en vir hulle te vertel oor hoe goed God vir ons is en dat daar aan Sy liefde geen einde is nie. Dalk sit ek in ‘n koffiewinkel, besig om op my skootrekenaar hierdie kort artikel te skryf. Dalk is ek besig om in die winkel na die spieel voor my te staar en onvergenoegd te voel met wat ek sien voor my. Dalk is ek besig met ‘n gesprek oor ontevredenheid – met die werk, kerk of plek. Ek kan selfs besig wees om met ‘n spoed deur die bad te gly of kruideniersware vir die maand te kry! Ek sit dalk in die teater of in ‘n lesing of by ‘n dinee waar ek uit my maag lag vir die kwinkslae van Bill Price wat ons duidelik laat ervaar dat God ook ‘n God van humor is. Ek kan besig wees om te huil omdat die lewe so vol seer is met jongmense wat op 18 jarige ouderdom verongeluk of selfmoord pleeg, oor vriendinne wat op 24 jarige ouderdom, kanker kry, oor die man wat smekend by die verkeerslig staan, oor babatjies wat koud in verwerp in die veld opgetel word, oor my vriendin wat nou ‘n weduwee is na geweld hulle ook besoek het. Ek mag dalk ‘n boek lees oor “Die voorbereiding van die bruid” en konstant myself spieël daarin, om net te besef ek hoop nie ek is onvoorbereid as Hy regtig sou kom nie….Net om helder, duidelik, skielik rondom my ‘n helder lig te ervaar, ‘n oorweldigende teenwoordigheid, ‘n gevoel van veerligtheid, woordeloos, gedagteloos, planloos, missieloos,… en dan, op te kyk, vas in Sy oë, myself hoor sê: “Jeshua, U het gekom… (ek sal nie vra, waarom nou eers?)…ek sal net laag voor Sy voete buig, bly lê, my hande om sy enkels, Hom vasklou en prewel: Here,here ek het U lief, vergewe my my onvermoeë om meer soos U te wees. Heilig is U, verhewe bo alles is U heerlikheid. U is die liefling van my siel, my diepste begeerte, my enigste bron van lewe. ‘n Oomblik sonder U is soos ‘n verlate woestyn met ‘n vuurwind wat verteer.Vat my, my Jesus, vat my.” My wroeging, skuld en pyn oor my lewe sal soos mis voor die son verdwyn en in die stille krag van Sy teenwoordigheid sal ek weet…Ek is syne, ek het tuisgekom! ~ Wanda |
|
|
|