|
Lees die hele SPREUKE 7:-
Jy sal dit nie sien, as
jy dit nie glo nie! "Seeing is believing" is nie meer waar! Jy
moet die beste verwag al sien jy dit nog nie.Sien raak wat reg is in die
wêreld!
Nee, ek sal dit eers glo as ek dit sien!
Die gedagte wat ek met jou wil deel is om te glo dat as ek byvoorbeeld dit
wat my roeping is, nl. om die bruid van Christus voor te berei, waarvan
aanbidding lei deel uitmaak, die gemeente nie anders sal kan, as om God se
heerlikheid te ervaar nie!
Om aanbidding te lei is
nie om God se teenwoordigheid te bewerk en as ons nie hoendervleis gehad
het, of die mense het nie gehuil nie, of die gemeente het nie soos by 'n
rugbywedstryd uit volle bors saamgesing nie, dan was die aanbidding 'n
mislukking nie!
Die uitgangspunt is, EK
KAN GOD NIE MEER TEENWOORDIG MAAK NIE, EK KAN NIKS DOEN OM HOM LIEWER VIR
MY TE MAAK NIE en ook nie IETS DOEN OM HOM MINDER LIEF VIR MY TE MAAK NIE!
Wat ons visueel
waarneem beheer dikwels ons persepsie en ons persepsie word ons realiteit!
Ons wil dikwels nie
positiewe stories of menings hoor nie. Ons skaar ons by die...
· Gomsnuifers
· Die wat gomsnuifers oordeel
· Die saamstemmers
· Die innoverende kreature .....
Ons praat in die
minderheid saam met die...
· Die wat regstel wat verkeerd is en die daad by die woord voegers!
Ons moet ons visie en
fokus stel om te vier dit wat reg is met die wêreld en ophou kla oor wat
verkeerd is!
Visie moet 'n Doelgerigtheid en passie in ons lewe vrystel!
Jy moet dit in 5 of 6 woorde kan omskryf sodat elke oggend as jy wakker
word, jy dit vir jouself kan sê en kan uitroep Ja,dis hoekom ek doen wat
ek doen!
As die visie duidelik
is, dan word dit gevolg deur kreatiwiteit en passie!
My visie is: Om God te
behaag in alles wat ek doen. Die gevolg is: Ek beleef Sy krag die sterkste
deur my vloei as dit waarmee ek besig is, deel is van hierdie visie! Bv.
Om Lof en aanbidding te lei, tot God se eer alleen, - put my nie uit nie,
dit herlaai my!
Spr 3:7 - Wanneer ek God in alles voor oë hou, vermeerder Hy my
lewenskrag!
Die mens is 'n integrale deel van die skoonheid van die planeet. Die kroon
van die skepping.
Ons waarde staan nie los daarvan nie. Daarom word daar verwys in die 1ste
skeppingsverhaal na die mens as heerser en die 2de as die een wat dit moet
bewerk!
Nie losstaande nie.
Ek sien dit dikwels
waar ek beweeg en bedien in hoe mense reageer, speel, werk, kyk en in
hulle liggaamstaal, hoe hulle 'n saal versier en wat in versiering van 'n
kerkgebou, selfs in die omgewing waar hulle woon. Ek kan die lig sien wat
nie net op ons skyn nie, maar ook uit ons uitskyn maar ook die
delikaatheid van die lig in mense wanneer hulle deur verskillende
ervarings gaan of emosies beleef!
Intellektuele paradigma
staan soms in die pad van die mooi wat ons nie sien nie.
My wen is jou verlies.
Eet of word geëet! , 2de plek is die eerste verloorder!
Ons leef in 'n Wêreld
gebasseer op vrees, skaarsheid, kompetisie.
Die natuur stel nie
voorwaardes om sy skoonheid te deel met die beste fotograaf nie, dis vry
vir almal!
Persepsies beheer ons
realiteit
Soek ook in die oënskynlike telleurstellings die mooi wat dit het om te
offer.
Leer om nie alleen te
Fokus op die onwaarskynlike of onbekombare nie maar ook op die moontlike
en beskikbare!
Ongeag hoe bleek en
onaantreklik die moontlikheid lyk, ek kan altyd kies om dieper te
gaan,hoër te klim laer af te sak om dit raak te sien wat dit bied - wat
as alles gerealliseer het soos ek dit wou hê, ek waarskynlik sou gesien
het wat ek verwag het, en nie dit wat ek nooit kon dink bestaan nie!
'n Perspektief wat die
gewone transformeer in die
buitengewone! Hoe wyd denkend en oop vir moontlikhede laat jou visie jou
toe om te wees? Ons weet nie altyd wat volgende en volgende gaan gebeur
nie maar as ons oop is daarvoor gaan ons verras word!
Ons spring soveel keer
in die lewe weg, kermend oor dit wat verkeerd is en begin dadelik om dit
te FiX, ipv om die nuwe moontlikhede raak te sien.
Die regte visie: Maak
ons oop vir nuwe moontlikhede, Gee ons energie en laat ons verandering
makliker hanteer.
Ons vrees verandering
ipv om dit te sien as 'n nuwe kurwe van moontlikhede, sien ons dit as 'n
kurwe van verandering!
Gesegde wat sê:
"Jy sal nooit nuwe horisonne ontdek of plekke beleef as jy op die
strand sit en slegs droom daarvan nie!"
Ons kan leer om die kurwe van nuwe moontlikhede te ry ipv om dit te vermy
en op die strand te bly sit!
Ons moet bereid wees om
onsself te dryf tot op die "edge"
Gemaksones het niemand
nog ooit laat uitstyg of sy of haar kragte laat ontdek nie! Sukses en
significance gaan hand aan hand.
Die beste in die wereld
teenoor die beste vir die wêreld -
Jy en ek maak 'n waardevolle bydrae wanneer ons nie net ons deel doen nie,
nie NET ons behoeftes meet nie, en nie NET uit die moeilikheid bly nie!
Kan ek my eie waardes
en visie so vertrou dat ek bereid is om myself verder te strek en steeds
balans behou?
Kan ek my visie dryf
sonder om fokus te verloor op dit wat vir my kosbaar en belangrik is in my
lewe?
MY VISIE
1) Waarheen is ek
oppad? Op 22:14
2) Hoe sou ek graag wou hê moet my nalatenskap lyk? (Legacy) Jes 1:19 / 1
Kon 2:3
3) Hoe sou ek die wêreld wou impakteer? ('n Verskil maak) Jak 1:25
Kan ons dit waarvoor
God ons roep te midde van kritiek, wat dikwels slegs op persepsies
gebaseer is, steeds ons Fokus behou op Hom wat ons geroep het tot
intimiteit en integriteits - excellence tot Sy eer ALLEEN!
Daniel 1:20
Loof die Naam van God
Vir altyd, ja altyd
Aan Hom behoort die wysheid en krag
Hy bepaal tye en geleenthede
Hy sit konings af en stel konings aan
Hy gee wysheid
Vir die wat wys is
En kennis vir die wat insig het
Hy maak dinge oop wat diep en weggesteek is
Hy weet wat in die donker gebeur en by Hom is daar lig
Ek loof en prys U, U het my wysheid en krag gegee my ingelig oor die droom
van die koning...
<TERUG |