|
Hierdie is een van die
tema’s waaroor ek graag met vroue praat. Die afgelope tyd het die
Here net nuwe dimensies kom byvoeg en ek deel dit graag met jou:
“WAT
AS”:
·
maak jou
onvergenoegd
·
lei tot woede
·
lei tot
frustrasie
·
lei na nêrens
·
beroof jou van
geloof
·
beroof jou van
perspektief oor jou moederskap, vriendskap en huweliksgeluk
Dus: Haal af jou
bokshandskoene, die keuse is joune, bid, mediteer en soek skrif en
bevestiging oor dit wat God vir jou sê in jou afstand doen van “Wat
as”
MEESTE “WAT AS”
TELEURSTELLINGS WORD GEBORE UIT ONREALISTIESE VERWAGTINGE!!
Om dit te doen is dit
nodig dat jy eers identifiseer wat die oorsake vir jou onrealistiese
verwagtinge is. Klink hierdie bekend? “Oor en oor het ek verwagtinge
gehad en vertrou en keer op keer is ek teleurgestel”?
Hoekom?
Gal 5:1 “It was for
freedom that Christ set us free; therefore keep standing firm and
do not be subject again to a yoke of slavery”
VRYHEID OF SLAWERNY?
Hoe is dit moontlik dat
ek en jy deel kan wees van slawerny?
Voorbeelde:
·
kinders
·
man
·
vriendin
·
myself
·
my kultuur en
familie
·
my geloof
·
geld
·
my verwagtinge en
drome
·
onrealistiese
verwagtinge en drome (wat buitendien nie haalbaar was nie)
·
valse verwagtinge
– wat my van al my vreugde beroof het
DAAR IS ‘N DIEF WAT JOU
VREUGDE STEEL EN JOU VERWAGTINGE UIT BALANS LAAT WENTEL- DIS DIESELFDE
DIEF WAT DEUR EVA, DIE MENS SE VRYHEID VIR ALTYD SOU PROBEER STEEL!
Die Dief is die skepper
van alle onrealistiese verwagtinge en verslawings aan drome wat lei
tot afhanklikheid van mense ipv God!
Die waarheid sal jou
vrymaak – Vryheid in Christus
Probleem:
·
Ek wil vry wees
maar ook liefgehê wees!
·
Ek wil liefgehê
wees en daarom vervul ek die verwagtinge van ander
·
Ek rebelleer teen
die verwagtinge dan is ek vry maar dan is ek nie liefhêbaar!
·
As ek doen wat
ander verwag dan is ek liefgehê, maar nie vry nie!·
IN DIE PROSES VERLOOR
EK MY MENSWEES
EN IS EK BLOOTGESTEL OM AAN
ANDER SE VERWAGTINGE TE
VOLDOEN
1 Joh 3:1 “Kyk watter
groot liefde die Vader aan ons bewys het. Hy noem ons kinders van God
en ons is dit ook”
Ek sit dus vasgevang in my onrealistiese verwagtinge!
Wie kan my vrymaak? Wie
kan my verlig laat voel? Wie sal my liefhê, ongeag?
EENVOUDIG: God kan!
Iets in my moet sterf
sodat vryheid in my, uit die dood van onrealistiese verwagtinge, kan
opstaan!
My gees opgewek in
vryheid en waarheid!
·
Die Vyand is die
koning, die prins van “Wat as”
·
Hy skep deur jou
valse verwagtinge van jouself en van ander mense in jou lewe
·
Hy leer jou
oordeel, manipuleer, domineer en orkestreer – sodat ander net aan my
verwagtinge van liefhê voldoen, sekuriteit en aanvaarding of respek
vir my sal hê, as ek doen wat hulle sê.
Eerstens – Ontdek jou
onrealistiese verwagtinge:
1.
Wat is
die “wat as’e” in jou lewe?
2.
Waarop
vertrou jy vir jou geluk?
3.
Hoe
stel jy jouself teleur?
4.
Is jy
realisties in wat jy van jouself verwag?
5.
Wanneer
was die laaste maal wat iemand jou teleurgestel het?
6.
Wanneer
laas het jy op ‘n gebeurtenis vertrou om jou gelukkig te maak en dit
het nie?
7.
Wat
doen jy wanneer jy die gat van depressiwiteit tref agv teleurstelling?
Tweedens – Identifiseer
jou vyand – dit beteken om alles te waag….en selfs verder te gaan.
Hou op
om op te leef na ander se verwagtinge
Hou op
om van ander te verwag om aan jou verwagtinge te voldoen
In Jer 31:3 sê God: “
Ek het jou nog altyd liefgehad, daarom het Ek jou met geduld verdra” –
as dit is wat God vir jou sê, kan jy nie nou maar jou familie, ouers,
vriende en jouself vergewe vir die teleurstellings in jou lewe en
vrykom nie?
JOU KEUSE!!!
“EK IS”:
·
Bring eenheid en
beskerm individualiteit
·
Bring integrasie
in jou menswees
·
Bring perspektief
– ken jou eie waarde
·
Laat jou nie
branderplank ry nie…Hy gee oorwinning, lewe in oorvloed!
·
Volhard in jou
besluit
·
Maak ‘n
koersaanpassing
·
Jou lewe – jou
keuse!
·
Kom uit by die
kern- Die Heilige Gees wat jou konstant van die waarheid oortuig –
Laat hy jou gedagtes bepaal.
·
Luister na die
stem hierbinne – nie die stemme daarbuite nie!
Openbaring: 3:20 “Here I
am! I stand at the door and knock. If anyone hears My voice and opens
the door, I will come in and eat with him, and he with me”
“EK IS”:
·
Het met jou ‘n
verbond gesluit
·
Het liefde in Hom
alleen te vind
·
By jou al die dae
van jou lewe
·
Jahwe, die God
wat voorsien
·
Die weg die
waarheid en die lewe
·
Stel jou in staat
“EK IS” BELOWE:
·
Fonteine van
lewende water sal uit jou binneste vloei en nuwe lewe bring in jou
woestyn
·
Stel jou voor aan
die”vry mens” in jou
·
Jy sal weer drome
hê van vreugde en lewe
·
Jy sal weer
uitbundige vreugde beleef
·
Aanvaarding gee
vir die dinge wat jy nie kan verander en jou laat groei uit dit wat jy
kan verander
JY IS BEGEERLIK VIR “EK
IS”
“Jy is my skepping en My
herskepping – soos een gevorm vir my is jy my kind, my dogter. Drink
van MY en raak vol, vol met My vreugde want Ek is genoeg. My naam is
God, jou Vader, “EK IS”
<TERUG |