"God weet voor ons
geboorte wat Hy vir ons beplan. "Voorspoed en nie teenspoed nie", maar
dis in tye soos hierdie grootse aand, wat ek besef God se genade en
seën is die verpakking waarin hierdie voorspoed gegee is. Ek weet my
dogters is vir my twee prinsesse...Om 'n dogtertjie se droom te sien
waar word, om 'n kroon te dra wat hoop sal bring, eenvoudig
verbysterend.
Melin, jy is my hart se punt. Mag ons "3 Musketiers", altyd onthou dat
God ons gedra het deur storms en sneeu met kalmte en heelword!
Hy het ook 'n pa kom gee wat volledig bereid was om julle Pa te word.
God was en is goed!"