"Mag deur my lied die roem van U Naam oor geslagte strek, sodat nasies U vir altyd prys!" .... Jesus, dit gaan ALLES net oor U!
 

 

ma en dogter kamp

 

AANGEBIED DEUR: Melissa, Wanda & Melinda




‘n Spanpoging
tussen my en die twee meisiekinders (Melissa en Melinda se betrokkenheid onderhewig aan beskikbaarheid) Ons wil graag ’n klein bydraetjie maak in die beter verstaan van menswees en die brugbou tussen ma’s en dogter’s wat mekaar net eenvoudig bly mis, want sien, van misvat, en mispraat en opmaak en opwees teenoor en vir mekaar, kan ons in overdaad getuig!  Juis daarom, leer ons julle nie juis iets nuuts nie, laat ons julle nie ’n nuwe formule ontdek nie, bly die aarde rond en sou ons wou vlieg sonder vlerke, land ons hard oppie grond! 

Soms word mense in die flieks 80jr oud om te ontdek hulle het geen verhouding met mekaar gehad nie. Dit mag en die sal nie! 

Mamma’s - Verhoudinge is werk en pret vermeng tot ’n heerlike resultaat van oudag-lekker-lag! Jou nalatenskap is iets waaraan jy ’n leeftyd bou totdat jy jou laaste asem uitblaas!  Dus, is dit te laat?  Is hier reeds te veel skade?  Is die kloof reeds te groot tussen julle?.... 

NOOIT AS TE NIMMER! Skep moed, spring aan die werk, kom op jou knieë, leer fluit, lag hardop en “chill” ’n bietjie.  Geniet wat die oomblik bied.  Moenie kamp toe kom, en dink hemel ons, hulle laat dit klink asof kinders grootmaak speletjies is, nie!  Glo my, dis dit allermins.  Dis ’n Godopgelegte, enorm verantwoordelike, emosioneel uitputtende, soms sieldodende maar beslis ...... ’N OPWINDENDE GROEIPAD ! 

Mag elke gesprek met jou beautiful dogter of kleindogter, julle telkens uitbring by die waarheid nl. dat Jesus Christus die groot Geneesheer is van alle seer! 

ONDERWERPE word oor gesels soos –    Buitemuurse aktiwiteite;   Kleredrag; Tatoeering;  Grimering;  Vriende;  Sakgeld;  Musiek;   Pornografie,    Leuens, Egskeiding; Seksualiteit; Selfbeeld; Konflikhantering; Selfmoord, Dissipline; Vergifnis;     Leierskap;    Grense en Respek;     Hertroue,  Tegnologie; Eetdistorsies;  Prioriteite;   Taalgebruik;    Unieke styl ens.

Vanaf Vrydagaand 19h00 tot Saterdagmiddag 17h00 (Sluit af met kuier en kersligaandete opsioneel)

<TERUG