|
ENKELVROU,
GESKEIDE VROU, ENKELOUER?
Die geskeide vrou het dilemmas van haar eie. Haar leefwêreld is 'n
kombinasie van enkelvrou en tog ook getroude vrou. Sy beleef dat sy
nie regtig inpas by eersgenoemde nie en laasgenoemde is ook nie altyd 'n
gemaklike zone vir sosialisering nie. Boonop lê daar moontlik 'n
traumatiese verlede en egskeiding agter haar. Waarheen nou? Wat sê God.
Hoe tel ek weer die drade van my lewe op? Hoe verwerk ek my verlede en hoe
handel ek daarmee af? Wat van my kinders? Legio knelpunte word hanteer en
vierkantig in die oë gekyk. As enkelvrou, nooit getroud, hou die lewe ook
unieke uitdagings in. Enkelvrou of geskeide vrou of enkelouer? Jy is
enkel, maar jy kan sinvol leef en 'n lewe van oorvloed is steeds jou deel!
Gees, siel en liggaam.
Lees meer oor die Heelvrou
Seminare >
<TERUG
|