|
|
|
boeke |
Boeke
kan bestel word by Carpe Diem Uitgewers:
www.carpediem.co.za
(021) 918 8811 of 0861 668 368/ faks (021) 918 8888
|
|
|
|
Praat met my! & Hoor wat ek sê!
|
|
|
|
|
|
Praat
met my! & Hoor wat ek sê!
|
|
Wat ’n ma regtig voel en dink & Wat
tienermeisies regtig voel en dink
|
|
|
|
Wanda, Melissa &
Melinda de Kock-Bam
|
|
|
Jy en jou dogter ... lief vir
mekaar ... soms myle verwyder ...
PRAAT MET MY! is net wat jy nodig het om weer nader aan
jou tienerdogter te kom.
Wanda de Kock-Bam ken mawees. In lekkerlees stukke oor
relevante temas praat sy reguit, soms uitdagend, maar
altyd vanuit die Waarheid soos God ons leer.
Na elke stukkie uit haar ma-hart, is daar ook ...
• Brain waves – om jou sienings en emosies te
verander of te versterk
• Praktiese voorstelle – om die vrede te bewaar en
nader aan jou dogter te kom
• Temas – om hart-oopmaak gesprekke aan die gang te
kry ... waag die kans, begin met jou dogter praat!
• ’n Gebed – om God te ken ... dis die
belangrikste legacy wat jy vir jou dogter kan gee.
Gee vir jou dogter die kleiner boekie HOOR WAT EK Sê!
geskryf deur twee tieners en lees self hierdie boek vir
ma’s deur ’n ma. Julle twee kan gelyktydig oor
dieselfde tema lees, daaroor gaan dink en dan daaroor
gesels.
Jy en jou ma ... lief vir mekaar ... soms nie ...
HOOR WAT EK Sê! is net wat jy nodig het om weer naby aan jou ma te
kom.
Melissa en Melinda Bam ken jou lewe. Hulle praat reguit,
soms uitdagend, maar
altyd vanuit die Waarheid soos God hulle leer.
Kyk dat jou ma die groter boekie PRAAT MET MY! lees. In
jou boekie kan jy oor dieselfde tema lees en dan daaroor
met jou ma gesels.
Toe,
waag dit!
Gee haar ’n kans ...
|
|
|
|
Inspirasie vir ma & dogter
|
|
|
|
|
|
Inspirasie
vir ma & dogter
|
|
Hierdie ma wat wéét, maak haar hart oop
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Kom ons wees eerlik…ma’s verstaan nie. Of
dis wat tienermeisies dink…
Wanda de Kock-Bam, gospelsangeres, skrywer en ma
van Melinda en Melissa vertel van haar lewe as ma met
dogters en hoe sy tóg verstaan – sodat ander ma’s
met dogters ook triomfantlik kan weet; Ek is ’n goed
genoeg ma … en ek en my dogter verstaan mekaar, want
ons het dieselfde Vader in die hemel.
|
|
|
|
|